Oud Hindu, nou Christen, praat by Geloftefees

Rosestad 100.6 Nuus Myan Subrayan GeloftedagMyan Subrayan saam met sy familie

Die Slag van Bloedrivier was tussen mense van die Here en mense wat nie kinders van die Here was nie.

Só sê die gewilde Myan Subrayan, ‘n spreker en skrywer van die boek ‘n Boer maak ‘n Plan… maar jy het ‘n Indier nodig om dit te Verkoop, wat Woensdag by die Onder-Heuningspruit Geloftefees naby Vredefort feesgangers sal toespreek oor Suid-Afrika.

“God is nie klaar met Suid-Afrika nie, die beste lê nog voor vir ons land,” het Myan Dissdag aan Brandpunt gesê.

Hy sê Andries Pretorius was nie lid van ‘n politieke party nie, maar sy doel was om mense in ‘n verhouding met die Here te bring.  Hulle moes veg teen die vyand wat baie meer was as die hulle (die Boere).

Hy sê grappenderwys Die Gelofte is nie deur die Naidoo’s, die Pillays of Indiers gemaak nie, maar deur die Afrikaners.

“En nou slaan hull voet in die wind en gaan uit die land omdat dit sleg gaan. Dit is nie die president wat in beheer is nie, maar die Here.”

“Ons moet glad nie dink die gras is groener aan die ander kant van die draad nie”

Myan het self vir elf jaar in Nieu Seeland sy eie besigheid bedryf.

Hy het as ‘n Hindu hom tot die Christensskap bekeer en is werk onder andere met sportspanne en tree op as motiveerder.

Luister Brandpunt Potgooi-onderhoud met Subrayan hier:

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This