DIY-baas in hof na onderonsie

DIY-baas in hof na onderonsie

Die bestuurder en eienaar van DIY Superstore in Bloemfontein, Marius Eksteen, het gister vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklagte van crimen injuria en aanranding.

Luidens ‘n klagstaat beweer die staat die 52-jarige Eksteen het op 19 Februarie by sy winkel in Monumentweg in die stad vir M.J. Juwa die k-woord hond genoem.

Die staat voer verder aan dat Eksteen hom aangerand het deur hom te probeer wurg.

Die verhoor is op versoek van die staat uitgestel hangende ’n beslissing van die direkteur van openbare vervolging.

Die aanklagte volg uit ’n beweerde onderonsie tussen die twee, waartydens Eksteen nie gelukkig was met Juwa se reaksie op ‘n versoek van sy werkgewer nie.

Eksteen is op waarskuwing vrygelaat.

Die saak sal op 11 April hervat word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This