Agri SA droogterampfonds sterk op pad na R3 miljoen kerf

Agri SA droogterampfonds sterk op pad na R3 miljoen kerf

Bydraes vir Senwes en Agri SA se droogterampfonds stroom in en is sterk op pad na die R3 miljoen kerf.

Volgens die adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, het derduisende individue al van R30 tot R10 000 tot die fonds bygedra.

Hy sê bydraes van tussen ‘n R100 000 en R250 000 is deur maatskappye soos Beefmaster,Voermol, Sanlam, Monsanto, Grainovation, Overberg Agri, Bain, FNB, Sage en vele ander gemaak en Agri SA spreek sy grootste waardering uit teenoor almal wat bydra.

Van der Rheede sê talle boere uit die Suid-Kaap, Wes-Kaap en Mpumalanga skenk ook voer.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Agri SA droogterampfonds sterk op pad na R3 miljoen kerf"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This