2 neefs aangekeer vir besit van mes, skroewedraaier

2 neefs aangekeer vir besit van mes, skroewedraaierKyle Human (regs) wys hoe hulle was deurgesoek. Foto: Netwerk24

’n Man van Uitsig, Bloemfontein, oorweeg regstappe nadat sy seun en dié se neef deur lede van die AfriForum-buurtwag aangekeer en die naweek agter tralies deurgebring het omdat hulle met gevaarlike wapens met hulle saamgedra het.

Gerrit Helm sr. se seun, die 23-jarige Gerrit jr., en sy 27-jarige neef Kyle Human is Vrydagaand kort voor middernag deur lede van AfriForum se sektor 4-buurtwag aangekeer.

Hulle het ‘n tuisgemaakte mes en skroewedraaier by hulle gehad.

Die twee neefs het Human se vriend weggebring en teruggeloop huis toe toe hulle voorgekeer is en die wapens, wat hulle glo vir selfverdediging dra, gekonfiskeer is.

Die polisie is gebel en ‘n vangwa het hulle ’n paar minute later na die Parkweg-polisiekantoor gebring waar hulle die naweek in ’n sel deurgebring het.

Hulle is Maandagmiddag vrygelaat sonder om in die hof te verskyn.

Johann Hattingh, AfriForum-koördineerder vir die Wes-Vrystaat, sê die lede het binne hul regte opgetree.

Netwerk24 berig volgens Hattingh was die twee hardekwas en is deurgesoek en daar is op die mes en skroewedraaier afgekom.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This